Die
huweliksvoorbereidingskursus gee eintlik nie antwoorde nie,
maar goeie "gereedskap" om verskillende probleme in 'n verhouding
deur te werk:
Soos: “Wie
is ek en wie is my huweliksmaat regtig?” Leer jouself ken!
Wat is julle verskillende persoonlikhede en hoe pas hulle
bymekaar? Hoe reageer die verskillende persoonlikhede in mededinging,
onder normale omstandighede of in tye van krisis
Julle individuele
agtergronde en geskiedenisse: Watter invloed het dit op
julle verhouding en hoe hanteer ‘n mens dinge van die verlede?
Liefde en
verliefdheid: Hoe kan ons hulle onderskei en wat is hulle
wedersydse waarde in 'n verhouding?
Konflik
en krisis: Wanneer kan 'n mens hulle verwag en hoe kan
ons onsself daarop voorberei? Wat moet ons maak as ons daarmee
gekonfronteer word?
Godsdiens:
Wat het God met met die huwelik te doen?
"...tot
die dood ons skei"
Maak dit sin? Wat van die egskeidingstatistieke?
Kinders,
vriende, familie en skoonfamilie
Wat is hulle plek in julle verhouding?
Aan die einde van die kursus
kan ons nog vrae wat julle miskien het byvoeg.