Die huweliksvoorbereidingskursus gee eintlik nie antwoorde nie, maar goeie "gereedskap" om verskillende probleme in 'n verhouding deur te werk:

  • Soos: “Wie is ek en wie is my huweliksmaat regtig?” Leer jouself ken! Wat is julle verskillende persoonlikhede en hoe pas hulle bymekaar? Hoe reageer die verskillende persoonlikhede in mededinging, onder normale omstandighede of in tye van krisis

  • Julle individuele agtergronde en geskiedenisse: Watter invloed het dit op julle verhouding en hoe hanteer ‘n mens dinge van die verlede?

  • Liefde en verliefdheid: Hoe kan ons hulle onderskei en wat is hulle wedersydse waarde in 'n verhouding?

  • Konflik en krisis: Wanneer kan 'n mens hulle verwag en hoe kan ons onsself daarop voorberei? Wat moet ons maak as ons daarmee gekonfronteer word?

  • Godsdiens: Wat het God met met die huwelik te doen?

  • "...tot die dood ons skei"
    Maak dit sin? Wat van die egskeidingstatistieke?

  • Kinders, vriende, familie en skoonfamilie
    Wat is hulle plek in julle verhouding?

  • Aan die einde van die kursus kan ons nog vrae wat julle miskien het byvoeg.

>>