|







|
Die volgende inligting
is nie volledig nie en dien alleenlik as 'n riglyn. Kontak my
asseblief vir meer inligting.
Dokumente wat
nodig is:
- Suid-Afrikaanse burgers,
asook mense met permanente verblyfreg in Suid-Afrika, moet
hulle identiteitsdokumente toon of 'n beëdigde verklaring
aflê wat hulle identiteite staaf.
- Burgers van ander lande
moet hulle paspoorte toon en 'n beëdigde verklaring aflê.
- Geskeide persone moet die
finale egskeidingsbevel van die Hooggeregshof toon.
- Weduwees / wewenaars moet
die sterftesertifikaat van hulle oorlede eggenotes toon.
- Minderjariges moet skriftelike
toestemming van hulle ouers of voog hê.
Die wet bepaal:
- "'n Huweliksbevestiger
moet 'n huwelik voltrek in 'n kerk of ander gebou wat vir
godsdiensoefeninge gebruik word, of in 'n openbare kantoor,
of in 'n private woonhuis." (Uitsondering: 'n verpleeginrigting)
- "Teenwoordigheid van
partye en getuies: Die partye self en ten minste twee bevoegde
getuies" moet teenwordig wees.
- "Huwelike met die handskoen
mag nie in die Republiek van Suidafrika bevestig word nie."
- Nie-Suid-Afrikaanse burgers
het gewoonlik 'n onverkorte huweliksertifikaat nodig om
hulle huwelik in hulle tuisland te registreer. Dit is verkrygbaar
van die Departement van Binnelandse Sake en die verkryging
daarvan kan bespoedig word. Vir spesifieke regulasies aangaande
buitelandse burgers, nader asseblief die konsulaat van daardie
land.
|
|