|
As Suidafrikaner
van Duitse afkoms is ek Afrikaans, Engels en Duits magtig.
Jare gelede, toe
ek nog as ambagsman gewerk het, het ek so betrokke geraak in kerklike
jeugwerk, dat ek besluit het om my te laat oplei as predikant.
Ek het in Duitsland
en Suid-Afrika teologie studeer en is toe in die Evangelies Lutherse
Kerk in Suider Afrika as predikant georden. Sodoende het ek ook
'n huweliksbevestiger geword.
Ek het in KwaZulu-Natal
en Gauteng gemeentediens gedoen totdat ek 1998 om gesondheidsredes
vroeg moes aftree.
Sedertdien put ek
groot genot uit die werk waarvan ek die meeste hou, naamlik om
op 'n individuele basis met paartjies te werk en hulle voorteberei
op 'n lewenslange verhouding. Dit laat my ook toe om my jarelange
ervaring te benut deur begeleiding en berading aan mense te gee
wat in 'n goeie verhouding met mekaar wil saamleef.
Alhoewel ek nog
uithelp in gemeentes is my fokus op troues.
Die ontmoeting met mense vanoor
die węreld en uit alle dele van ons eie bevolking maak my werk
'n besondere en diep ervaring en ek sien daarna uit om my dienste
nog vir 'n lang tyd aan te bied.
|